HomeGalleryPackagesFAQAbout UsLoginContact Us
 

Meer omtrent ons

English
001
002
003
004
005
006

André is gebore in die jaar '58 op 'n Noord Transvaalse dorpie - toe bekend as Pietersburg. Raak streng opgevoed in 'n skoolmeester se huis. Matriekuleer aan HTS Tom Naudé, doen diensplig op Middelburg en Infanterie offisiers kursus op Oudtshoorn. Studeer fotografie aan  Centurion Tegnikon, werk vir die eerste paar jaar in die rekenaar bedryf, voordat hy sy beroep as professionele fotograaf begin.

 

Sy fotografie loopbaan begin hy op 24 jarige ouderdom deur te werk vir National School Photographers, as vryskut fotograaf.

20 jaar later met 2 jaar ondervinding in Amerika en 3 jaar ondervinding in Engeland is André vandag in Suid-Afrika gevestig as een van Suid Afrika se beste skool fotograwe. Hulle spesialiseer in die neem van massa fotos en het die kuns vervolmaak om elke foto te laat lyk asof dit geneem is tydens 'n een tot een studio sitting.

Hulle maak gebruik van die nuutste digitale Nikon kameras met kragtige rekenaars en rekenaarprogramme om die fotopakette te verwerk.

Sy perfeksionisme maak dit effens moeilik om saam met hom te leef - maar dit maak sy prentjies pragtig !

 

 
 
designed by: pixelATE